Showing posts with label in afrikaans. Show all posts
Showing posts with label in afrikaans. Show all posts

Sunday, August 24, 2008

Vorentoe



Die ou tradisie van die sop-kombuis by die skool word net vorentoe gevat deur die span van toegewyde kollegas.

Plek vir groei


Ou matrikulante van 2007 op proef.

ABSA borgskap


Oud leerder Abè Baardman, konsultant by ABSA, skenk vir ons o.19A rugby span 22 T-hemde, waterbottels en pette. Hier ontvang die kaptein, Dean Carolus, die skenking vanaf Mnr. Conradie.

VRL

Ons VRL-motiveringsessie het meegebring dat verskeie projekte deur hulle van stapel gestuur is o.a. fotos neem van skool aktiwiteite en die aanbring daarvan op ons foto-panele in die administrasie-kompleks, behulpsaam wees met die bediening van sop gedurende tweede pouses asook met terreindiens gedurende pouses, ens.

Sangmiddag





Op, Sondag 20 Julie 2008 bied ons skool ‘n sangmiddag te Ashton VGK-saal om 17h00. Verskeie plaaslike kore tree tydens hierdie geleentheid op waarvan die meeste lede alma maters is. Ons opregte dank en waardering aan almal wat bygedra het tot die sukses van hierdie funksie.

Thursday, June 12, 2008

Skool Sport verbeter

Sport is een van ashton sek.skool se belangrikste aktiwiteite, en dit kan beslis ons skool laat hoogtes bereik.

Die afgelope paar jaar kon ashton sek.skool aan `n menige paar sport aktiweite nie deelname he nie bv.krieket ens.,asgevolg van leerders wat dit nie nodig geag het of belanstelling veloor het om van enige van so aarts se praktye deel te wees.

Serdert die sport seisoen die jaar begin het is Ashton sek.skool hard besig om hul naam weer op hoog te hou.Nie net blink ons leerders uit in rugby nie maar sovel as netbal en skaak ook.Die landlope toernooi is ook aan die gang en `n paar leerders het ook daarin deelgeneem om ons skool te teenwoordig.Ek het met `n paar sport leerders gepraat om hulle kant van die saak te hoor en almal was net so bly en trots dat die skool weer eens tot `n punt werk.

Baie van hulle het gesê dit is goeie spanwerk wat hulle,hul sukses laat behaal het en hulle het dit bewys deur teen vele skole soos bv.MONTAGU HOËR hulle oorwinning te toon.

Om hierdie artiekel te kon skryf moes ek eers die passie van sport ondergaan en ek moes self deelneem aan sport aktiwiteite wat Ashton sek.skool bied en glo my dit was alles die moeite werd.

Nou ja as alle leerders so oor hul akedemie(skoolwerk) voel sal Ashton sek.skool sekerlik hoogtes haal.


Berig deur Anouscka Jakobs, leerder, Graad 10C

Tuesday, June 10, 2008

Merk-pret




Eksamen is nie net die tyd wanneer onderwysers onder merkwerk gebuk gaan nie, maar ook die tyd wanneer mens gebuk gaan van lag deur die trane.

Op die fotos hierbo sien mens hoe party leerders hul aandag skenk aan hul werk. Dit kan seker die oorsaak wees van die manier waarop die vrae in die eksamen vraestelle beantwoord word.

Hier is 'n paar voorbeelde...

Fotosintese is belangrik want as dit nie daar is nie, sal al die koeie en die ander diere nie kan kos kry nie.

Koelstofmondioksied. (H2O)

Vraag: Noem die land waar daar die ete van lam-lewer en groente met suurlemoensous op Paasfees geniet word. Antwoord: PANADO.

Vraag: Wat herdenk Goeie Vrydag? Antwoord: Die Apartheid.

Paasfees is 'n Chinese fees, want as hulle dit vuur, dan eet hulle, en dan loop hulle.

HOE'S DAAI? ;)

YK

JP George en kollegas skenk groot




40 skoolhemde
20 skool vaal langbroeke en
10 paar skool sokkies

Is op, Saterdag 7 Junie 2008 in ontvangs geneem deur mnre P. Buis & J. Niemand vanaf mnr. J.P. George (bestuurslid verbonde aan die Wooworths kleregroep te Kaapstad).

Volgens mnr. George is die skenking moontlik gemaak deur mede-werkers van Woolworths: Bjorn Kloft, Chantal Daniels, Charlene Timm, Derek Ronnie, Faried Benjamin, Gavin Asary, Grant Petersen, Hayley Woods, Heinrich Petersen, Liesbet Kristafor, Louise De Koker, Norita Felix, Portia Van Staden & Shawn Dersley.

Ons opregte dank en waardering.

Monday, May 5, 2008

Port Elizabeth toer 2008
















Na ‘n een uur en ‘n half se gewag is die groep uiteindelik onderweg. Heidelberg was die eerste stop vir n breek in die rit. Die program word aangepas te Mosselbaai waar daar vir “sight seen” en aandete gestop word by De Bakke water front. ‘n Goeie ontvangs deur Sao Brass, verteenwoordig deur Mnr Leonard Bruintjies en nog ander twee here en skoolhoof.

Die verdere rit verloop goed en Knysna is die volgende stop. Na die breek is die groep voort en het goed gery. Die groep bereik hul bestemming vroeer as wat beplan is in vroee more ure en word met verfrissende reen en ope arms ontvang by die koshuis van Gelvandale Sekondere skoolkoshuis deur die matrone.

Na ‘n kort stukkie se rus of sluimertjie word ontbyt bedien in die eetsaal. Kennis word gemaak met nog ander koshuispersonneel en die mans persoon(Mnr John Franse) tree op as gids vir die groep. Verken die omgewing waar inkopies gedoen word, wat loop afstand is van die koshuis. Mnr Angelo Pietersen daag op om kennis te maak. Hy is die Oostelike Provinsie se Cravenweek span afrigter, en tans onderwyser by Hillside Sekondere skool.

Na middagete is die groep vir ‘n besigtigingtoer deur stad. Die Boardwalk inkopiessentrum is ‘n goeie atraksieplek vir ‘n besoek. Daar is verskeie goed om te kan doen. ‘n Malle Meule vir die jonger geslag om te kan ry, onder andere Perdjies, Swings Planes, Freefall en waterboodjies. Daar is ‘n Casino en verskeie ander trekpleisters om jou besig te hou. Die see is aan die oorkant van die pad. Die groep het ook verby die sokkerstadium gery wat in aanbou is vir die Wereldbeker 2010 Sokkertoernooi.

Die spanne het goed gevaar teen Hillside Sekondere Skool in die wedstryde wat plaasgevind het. Die Netbalwedstryde is twee gewen en een verloor en die Rugby is altwee gewen. ‘n Dans na die wedstryde het gevolg.

Die ADDO Olifant park is besoek. Die rit het langer geduur as verwag. Van die leerders was teleurgesteld omdat so min groot diere gesien is in die park. Die Olifant het prominent uitgestaan. Dit was in ‘n mate leersaam, maar van leeus en ander diere wat mens graag sou wou sien het niks gekom nie, die vlakvark is vervuil in die park en sommige voel dat die naam na vlakvark park vernoem kan word. Die aand was effense teleurstelling omdat die Happy Vallei Park weens ‘n kragonderbreking nie die ligte kan aanskakel nie, daarom was dit nie veilig genoeg was om in te wandel nie. Daar is gebraai en omtrent 12:00 was dit ligte uit. Die terugtog is om 9:45 begin en eindig in Ashton om 19:40.

Dankie vir ‘n genotvolle uitstappie aan die onderwysers en hul metgeselle wat hul goed van hul taak gekwyt het, asook die busbestuurder, Mnr Jeffrey Opperman.

'n Woord van dank ook aan Mnre D. Buis, C. Segelaar, Me S. Scheepers, J. Buis, S. Benjamin.

Dankie Mnr J. Benjamin vir die prettige uitspappie. Jy het jou taak goed afgehandel.

Baie dankie aan ons Hemelse Vader vir ‘n Veilige toer.

Berig deur Desmond Buis (onderwyser)

Thursday, February 21, 2008

Waardeer onderwysers

Onderwysers moet ten alle tye gerespekteer word. Sommige leerders of mense dink hulle behaal sukses in die lewe deurdat hulle hul werk leer en ken…… MAAR vergeet dat die onderwysers die persone is wat vir ons daardie werk en opdragte moontlik maak. Hoe sou die lewe gewees het sonder onderwysers? Soos die mense mos altyd se wat is ‘n huis sonder ‘n moeder?? So kan ons onsself afvra wat is hierdie skool gebou sonder onderwysers??

As daar nie onderwysers was nie waar sou ons wysheid vandaan gekom het? En waar sou die “dokters, prokureurs en polisiemanne’’ vandaan gekom het? Want jy moet immers gematriekuleer wees om aan daardie beroepe te voldoen.

So ek dink onderwysers moet baie meer gerespekteer word WANT Hulle is die rede dat daar soveel suksesse bereik en behaal word in hierdie wêreld.


Sereh Kayser (Graad 11)