Monday, May 5, 2008

Port Elizabeth toer 2008
















Na ‘n een uur en ‘n half se gewag is die groep uiteindelik onderweg. Heidelberg was die eerste stop vir n breek in die rit. Die program word aangepas te Mosselbaai waar daar vir “sight seen” en aandete gestop word by De Bakke water front. ‘n Goeie ontvangs deur Sao Brass, verteenwoordig deur Mnr Leonard Bruintjies en nog ander twee here en skoolhoof.

Die verdere rit verloop goed en Knysna is die volgende stop. Na die breek is die groep voort en het goed gery. Die groep bereik hul bestemming vroeer as wat beplan is in vroee more ure en word met verfrissende reen en ope arms ontvang by die koshuis van Gelvandale Sekondere skoolkoshuis deur die matrone.

Na ‘n kort stukkie se rus of sluimertjie word ontbyt bedien in die eetsaal. Kennis word gemaak met nog ander koshuispersonneel en die mans persoon(Mnr John Franse) tree op as gids vir die groep. Verken die omgewing waar inkopies gedoen word, wat loop afstand is van die koshuis. Mnr Angelo Pietersen daag op om kennis te maak. Hy is die Oostelike Provinsie se Cravenweek span afrigter, en tans onderwyser by Hillside Sekondere skool.

Na middagete is die groep vir ‘n besigtigingtoer deur stad. Die Boardwalk inkopiessentrum is ‘n goeie atraksieplek vir ‘n besoek. Daar is verskeie goed om te kan doen. ‘n Malle Meule vir die jonger geslag om te kan ry, onder andere Perdjies, Swings Planes, Freefall en waterboodjies. Daar is ‘n Casino en verskeie ander trekpleisters om jou besig te hou. Die see is aan die oorkant van die pad. Die groep het ook verby die sokkerstadium gery wat in aanbou is vir die Wereldbeker 2010 Sokkertoernooi.

Die spanne het goed gevaar teen Hillside Sekondere Skool in die wedstryde wat plaasgevind het. Die Netbalwedstryde is twee gewen en een verloor en die Rugby is altwee gewen. ‘n Dans na die wedstryde het gevolg.

Die ADDO Olifant park is besoek. Die rit het langer geduur as verwag. Van die leerders was teleurgesteld omdat so min groot diere gesien is in die park. Die Olifant het prominent uitgestaan. Dit was in ‘n mate leersaam, maar van leeus en ander diere wat mens graag sou wou sien het niks gekom nie, die vlakvark is vervuil in die park en sommige voel dat die naam na vlakvark park vernoem kan word. Die aand was effense teleurstelling omdat die Happy Vallei Park weens ‘n kragonderbreking nie die ligte kan aanskakel nie, daarom was dit nie veilig genoeg was om in te wandel nie. Daar is gebraai en omtrent 12:00 was dit ligte uit. Die terugtog is om 9:45 begin en eindig in Ashton om 19:40.

Dankie vir ‘n genotvolle uitstappie aan die onderwysers en hul metgeselle wat hul goed van hul taak gekwyt het, asook die busbestuurder, Mnr Jeffrey Opperman.

'n Woord van dank ook aan Mnre D. Buis, C. Segelaar, Me S. Scheepers, J. Buis, S. Benjamin.

Dankie Mnr J. Benjamin vir die prettige uitspappie. Jy het jou taak goed afgehandel.

Baie dankie aan ons Hemelse Vader vir ‘n Veilige toer.

Berig deur Desmond Buis (onderwyser)

No comments: