

Eksamen is nie net die tyd wanneer onderwysers onder merkwerk gebuk gaan nie, maar ook die tyd wanneer mens gebuk gaan van lag deur die trane.
Op die fotos hierbo sien mens hoe party leerders hul aandag skenk aan hul werk. Dit kan seker die oorsaak wees van die manier waarop die vrae in die eksamen vraestelle beantwoord word.
Hier is 'n paar voorbeelde...
Fotosintese is belangrik want as dit nie daar is nie, sal al die koeie en die ander diere nie kan kos kry nie.
Koelstofmondioksied. (H2O)
Vraag: Noem die land waar daar die ete van lam-lewer en groente met suurlemoensous op Paasfees geniet word. Antwoord: PANADO.
Vraag: Wat herdenk Goeie Vrydag? Antwoord: Die Apartheid.
Paasfees is 'n Chinese fees, want as hulle dit vuur, dan eet hulle, en dan loop hulle.
HOE'S DAAI? ;)
YK
No comments:
Post a Comment